Print

Ons wilde vye as bonsai - deel II

deur ISABEL HOFMEY

By die tweede groep vyebome ontkiem die saad in die mikke van ander bome en hierdie vyebome begin dus hul bestaan as epifiete. Hulle stuur egter spoedig lugwortels af na die grond en hierdie wortels vergroei binne 'n redelike kort tyd en so word die gasheer omring en dood gewurg. Voorbeelde hiervan is Ficus natalensis (Natalvy), Ficus thonningii (gewone wildevy) en Ficus stuhlmannii (laeveldvy of wurgwildevy). Dan is daar die waterliewende vyebome bv. Ficus sycomorus (geel riviervy of trosvy) en Ficus sur wat dikwels op rivierwalle aangetref word. Enige van bogenoemde vyebome kan egter as gewone bome groei wanneer die saad in die oop veld ontkiem.

ficus-bonsaiBenewens die uitheemse Ficus benjamina en Ficus repens is daar etlike wildevy-soorte was met sukses vir bonsai gebruik is nl. Ficus natalensis, Ficus burtt-davyi (veldvy), Ficus ingens (rooiblaarrotsvy), Ficus craterostoma. Ficus cordata (Namakwavy of melkboom) word nog probeer en lyk belowend.

Wildevysoort verplant maklik en is nie baie kieskeuring omtrent die grond waarin hulle groei nie maar hulle floreer in n mengsel met oorwegend sand en blaarkompos met houtskool daarby. Hulle is uiters geskik om op rotse of oor rotse geplant te word waar die stam spoedig verdik. Die kenmerkende lugwortels wat afreik na die grond sal binne n kort tyd die boom stewig oor die rots vasheg en later met mekaar vergroei.

Vorming van die boompie geskied deur te snoei en takke by herhaling in die gewensde vorm te buig waarna hulle dan geredelik in die verlangde posisie bly. Die snoeiplekke word verseel deur die melk wat kenmerkend van alle vyesoorte is en kunssmatige verseeling is dus onnodig. Die littekens word ook binne 'n paar jaar bedek as dit behoorlik uitgehol is. Indien daar wel bedrading gebruik word, moet dit liggies gedoen word en 'n mens moet dit dikwels nagaan vir tekens van insnyding wat baie gou kan gebeur.

Die blare van vysoorte verklein geredelik indien die boom in volle sonlig gehou word en nie te veel water kry nie. Die proses kan versnel word deur gedurende Desember al die blare in die helfte van die blaarstingel te snoei. Dit veroorsaak dat 'n nuwe drag kleiner blare te voorskyn kom. Dit is geen vreemde gesig om 'n wildevyboompie vol vrugte te sien nie.

Vyebome groei baie maklik van steggies: van dun takkies tot takke met n deursnee van 2,5cm of meer kan gebruik word. Aanwending van groeihormoon voordat dit in growwe riviersand of fyn gruis geplant word sal die vorming van wortels versnel. Deur lugafleiers te maak, kan vyebome ook voortgeplant word.

Peste en plae wat vyebome aanval, is die volgende: groen bladluise, ruspes, wit wolluise en boorwurms Ficus sur is ook geneig om bruin skaal op te doen. Vir die meeste heirvan sal 'n sistemiese insekdoder doeltreffend wees. N.B. Vyebome hou nie van Oleum nie en mag hul blare verloor na aanwending daarvan.

Om op te som: ons inheemse vyebome is uiters geskik vir bonsai en bied aan elkeen die kans om, sonder baie groot probleme, n voortreflike boompie te skep wat vir baie jare plesier sal verskaf.

BRONNE:

  1. Die Wildevy boom van die jaar 1984 Pamflet 317 Direktoraat van Boswese van Dept. Omgewingsake
  2. Palgrave, Keith Coates: Trees of Southern Africa C. Struik, Kaapstad 1977.
  3. Smith, C A: Common Names of South African Plants Staatsdrukker, Pretoria 1966.
  4. Van Wyk, P: Trees of the Kruger National Park Purnell, Kaapstad 1974.
  5. Von Breitenbach,F: About Figs and Wasps, Denroologiese Tydskrif Vo1.2(1982)Nos.3 ~ 4 99-120.
  6. Von Breitenbach, Jutta: The Wild Figs of Southhern Africa Monograph No.2 herdruk uit Trees in SA, Vol.XXVI Deel 3 Okt-Des. 1974.
  7. Von Breitenbach,Jutta: Takonomic Notes on Wild Figs, Dendrologiese Tydskrif Vol 2(1982) Nos. 1 e 2, 43-49.

Contact Us

We would be happy to hear from you should you like to find out more about the club, meetings or bonsai in general.

Send us a mail

Year Programme

We have an exciting calendar of club meetings, events and public exhibitions planned for 2017/8.

Learn more

Haiku

Tenderly, lovingly

raking up dead leaves

in his Bonsai forest

Random Bonsai Tip

By limbering or flexing a branch or trunk you gently break the cambium layer loose and the healing process will then increase the diameter of a branch or trunk which is too thin